Christo & Jana- Marie

Ons het na ‘n natuur gevoel plek gesoek en beslis het ons MonCherié in die hartjie van Dendron in Limpopo gevind. Ons het skaars ingestap en die plek het onmiddelik ons harte gesteel… met die groene gras, voëltjies wat sing, grasdak plekkies en moderne dekor het ons net daar en dan ons besluit geneem. Die was ons trou venue. Die dag het aangebreuk, met alles wat seepglad verloop het, tot die mees smaaklikste kos was beslis die regte besluit wat ons geneem het. Baie dankie aan MonCherié- Tannie Cecile & haar man, asook Charl vir al die vriendelike raad, diens en moeite!