Rickus & Dominique

Ons ervaring was fantasties! Ons het nie presies geweet wat ons wou gehad het nie, maar MonCherié se span het hulle taak perfek gedoen om ons troue sporkiesmooi te maak. Die kos was so lekker dat omtrent almal vir tweede porsies gegaan het! Ons het regtig minimaal gestress oor decor en kos en het van dag een af geweet dat ons MonCherié kon vertrou met al die reelings. Van al die reelings was die stresvolste wie slaap waar 😉